A ROOM WITH A VIEW
Gastehuis in Melville

A ROOM WITH A VIEW GASTEHUIS, is geleŽ in die hartjie van Johannesburg se boomryke park-voorstede. Hoog teen die rante van Melville, het die meeste kamers vergesigte oor die Melville Koppies, Johannesburgse Botaniese Tuin en op ‘n mooi dag, tot by die Magaliesberge. Daar is gasvure teen die winterkou, groot storte en diep baddens, hemelse beddens en warm, vriendelike personeel. Drie van die kamers het hulle eie glasdak sithoekies. Meeste kamers in die bed en ontbyt het ‘n eie balkon.

Tariewe

STANDAARD KAMERS
R770 enkel. Dubbel R300 ekstra.
Al die Standaard kamers met en-suite badkamers, bad of stort. Kleiner as die Luukse en Top kamers, maar steeds uniek en mooi. Leef uit op die tuin of balkon.

LUUKSE KAMERS
R880 enkel. Dubbel R400 ekstra.
Pragtige groot kamers, Sommige met gas vuur of ondervloerse verhitting. Meeste met privaat balkonne. En-suite badkamers met bad en stort.

TOP KAMERS
R990 enkel. Dubbel R450 ekstra.
Pragtige Groot Kamers, sommige met hull eie sonkamers, vuurmaakplek of ondervloerse verhitting. privaat balkonne of leef uit op 'n groot balkon. Almal met mooi uitsigte. En-suite badkamers met bad en stort. Top verblyf, beste posisies.

Guesthouse in Johannesburg Guesthouse in Johannesburg

Johannesburg Guesthouse accommodation Guest House in Johannesburg

Diť gasvrye gastehuis is geskep met passie en die vrye teuel sjarme van speel met lig en kleur deur die boheemse Lise.

Jacques en sy span skep ‘n warm Suid Afrikaanse kaalvoet gasvryheid. Soveel so dat oorsese en plaaslike professore, skrywers, studente, film mense, Europese TV spanne, besige besigheidsmense, verliefdes en familie reisigers gou gekoester voel.

Vriendelike gaste bevind hulself dikwels in lewendige gesprekke tydens die mondwater-ontbyt of laatmiddag oor ‘n glas wyn in die boonste sonkamer. Hier aanskou mens die sonsondergang en sien hoe die liggies oor Johannesburg aan-flikker, of nog beter: beste fotos neem van persblou donderwolke en dansende weerlig strale, veilig onder Lise se maan. Dit is nie net ‘n plek vir oornag akkommodasie nie, maar ook die plek vir kuier om ‘n braaivuur (moet net nie stry oor voerkraal of ‘free range’ geliefde bosveld beeste nie). Daar is ook ‘n Bosveldplaas, die een met ‘n Honderd Engele. Dit is vir lang onopgesmukte rus. As hulle van jou hou.

Nie lus vir gesels nie?... vind een van die menige stil hoekies, langs die sag-groen sprankelende swembad, stil sitkamer of privaat terrasse.

A Room With A View is ‘n gerieflike plek waar sakevergaderings en konferensies met luukse bed en ontbyt verblyf gekombineer kan word. Afgesien van skottel DSTV in al die kamers is daar ook ‘n vinnige gratis internet sein beskikbaar vir ons gaste. Vervoer en toere word ook gereel.